Giuseppe Garibaldi | |
Giuseppe Garibaldi in 1866 | |
Diktator van Sisilië
| |
Ampstermyn 17 Mei 1860 – 4 November 1860 | |
Lid van die Italiaanse Senaat
| |
---|---|
Ampstermyn 18 Februarie 1861 – 2 Junie 1882 | |
Lid van die Franse Nasionale Vergadering
| |
Ampstermyn 1871 – 1872 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Nice, Frankryk[1] | 22 Julie 1807
Sterf | 2 Junie 1882 (op 74) Caprera, Italië |
Politieke party | Jong Italië (1831–1848) Aksieparty (1848–1867) Historiese Linkerkant (1867–1877) Uiterste Linkerkant (1877–1882) |
Eggenoot/-note | Anita Garibaldi (1842–1849; haar dood) Giuseppina Raimondi (vir een dag) Francesca Armosino |
Kind(ers) | ag kinders insluitende Ricciotti Garibaldi (1847–1924) |
Religie | Christendom (Deïsme[2]) |
Handtekening | |
Militêre Diens
| |
Lojaliteit |
|
Diens/Tak | |
Jare in diens | 1835–1871 |
Rang | Generaal |
Eenheid | Jagters van die Alpe |
Oorloë/Veldslae |
|
Toekennings | Ere Grootmeester van die Vrymesselaars in Italië, 1867[3][4] |
Giuseppe Garibaldi (Nizza, 4 Julie 1807 – Caprera, 2 Junie 1882) was ’n Italiaanse generaal, politikus en nasionalis wat ’n belangrike rol gespeel het in die geskiedenis van Italië. Saam met Camillo Benso di Cavour, Victor Emanuel II van Italië en Giuseppe Mazzini word hy beskou as een van die Italiaanse “vaders van die vaderland”.
Garibaldi het ’n sentrale rol gespeel tydens die Italiaanse eenwording, die Risorgimento waarin hy persoonlik geveg en leiding gee in militêre veldtogte wat uiteindelik tot ’n verenigde Italië gelei het. Hy was generaal tydens die tydelike regering in Milaan in die Revolusiejaar 1848, generaal wat die Romeinse Republiek teen Franse leërs beskerm het (1849) en vanaf 1860 het Garibaldi met sy 1 089 Rooihemde, tussen 11 en 70 jaar oud, geveg vir vryheid van Italië.
In sy tyd is hy ook ‘Held van Twee Wêrelde’ genoem as gevolg van sy militêre veldtogte in Suid-Amerika en Europa, ’n reputasie wat hy nie net in Italië gehad het nie, maar ook as gevolg van die opkoms van die internasionale media. Hy is bewonder deur sommige van die belangrikste intellektuele van sy tyd, soos Victor Hugo, Alexandre Dumas en George Sand.